Skip to main content

Is jy platsak na Desember?

By January 12, 2017October 6th, 2023Newsletter

Is jy platsak na Desember?

January 12, 2017

Wie wil nou die nuwejaar in wals met ʼn handjie vol pennies en ‘n snytjie droë brood? Ja, melodrama help dalk ook nie, maar vir diegene van ons wat geldjies bymekaar moet skraap vir uitrustings, uniforms, skryfbehoeftes en onderwysgelde kan Januarie maar ʼn lang maand raak,

Verruil jou kommer vir kontant

Geluk begunstig egter Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon. Ja, jy het reg gehoor – indien jy ʼn Suid-Afrikaanse landverhuiser is, is daar ʼn kans dat jy fondse tot jou beskikking het om jou deur hierdie maer maande te dra.

Jy kan boonop twee pasella retoerkaartjies na enige bestemming in die wêreld wen deur eenvoudig jou fondse na jou nuwe tuiste te skuif of van enige ander finglobal.com dienste gebruik te maak.

Finglobal.com dienste

Finglobal.com is ʼn internasionale finansiële diensteverskaffer wat spesialiseer in die oordrag van fondse vir Suid-Afrikaners in die buiteland. Ons is ʼn gemagtigde diensleweraar met die nodige ervaring en affiliasies om alle aspekte van finansiële migrasie te takel, ongeag jou ligging op die wêreldkaart.

Ons dienste sluit in:

  • Finansiële-emigrasie
  • Pensioen-, voorsienings- en bewaringsfondsoordrag
  • Aftree-annuïteitoordrag
  • Buitelandse valuta
  • Oopmaak en sluiting van bankrekeninge
  • Suid-Afrikaanse belastingdienste
  • Internasionale finansiële beplanning
  • PPS adviserende dienste
  • Erfenis en trust dienste
  • Polis-sporing, navrae en aanpassings
  • Finansiële-migrasie planne

Ons aanvangsdienste is koste- en verbintenisvry en sluit naspoor van jou Suid-Afrikaanse polisse, uitkeerwaardes en bevestiging van jou Suid-Afrikaanse belastingstatus.

Ons het reeds meer as 60 000 Suid-Afrikaners in 105 lande met verskeie aspekte van hul finansiële migrasie bygestaan en spog met ʼn 100% slaagsyfer.

En wie wil nou die kans misloop om twee retoerkaartjies te wen?

Hoe om in te skryf

Los eenvoudig jou kontakbesonderhede in die kontakvorm hier onder en finglobal.com sal jou kontak vir ʼn gratis konsultasie. Sodra die konsultasie afgehandel is sal ons ʼn gratis evaluering doen om vas te stel watter annuïteite vir inkassering kwalifiseer of watter ander dienste tot jou beskikking is onder jou ʼn individuele portefeulje.

Jy sal vervolgens ʼn kwotasie ontvang en sodra jy die kwotasie aanvaar sal jou naam outomaties tot die reklametrekking gevoeg word. Let wel: die promosie is slegs geldig vir dienste wat voor 30 Junie 2017 aanvaar word, so roer jou litte!

En wat die finglobal.com fooie betref? Die goeie nuus is dat jy niks verskuldig is tot-en-met al ons dienste aan jou suksesvol afgehandel is nie.

Dis dit! Raak ʼn paar rande ryker en staan ʼn kans om jou familie of vriende te besoek of hulle oor te nooi om jou nuwe tuiste te verken.

Bepalings en voorwaardes geld.
[contact-form-7 id=”25952″ title=”_LP: family reunion”]