Skip to main content

Van ontvlugting tot toevlug

By August 14, 2015September 30th, 2020Financial emigration

Van ontvlugting tot toevlug

August 14, 2015

Hierdie artikel was eerste gepubliseer op Wereldwyd.co.za

Ingrid Jonker het gemeen haar lyk was uitgespoel in wier en gras op al die plekke waar sy eenmaal was.

Nou ja, Ingrid se melancholiese gemoed is vir sommige dalk ‘n bietjie melodramaties – maar diegene wat sonnige Suid-Afrika vir groener weivelde verlaat het, vind tien teen een aanklank by haar. Maak nie saak hoe goed jy jouself vir die groot skuif voorberei het nie, feit bly staan: Landverhuising is ‘n troumatiese ervaring.

Of jy nou oppak en trek om ekonomiese welvaart oorsee na te jaag, ‘n breuk van die toenemende misdaad verlang of ‘n nuwe avontuur wil aanpak, in die begin sal jy jouself gereeld afvra: “Het ek die regte besluit geneem?” Om dan en wan jou keuse te betwyfel, is egter aanvaarbaar.

Moontlike bitsige kommentaar van geliefdes en kollegas is nog ‘n bitter pil wat jy moet leer sluk. Die aanslae van vertwyfeling wat jou so uit die bloute oorval, is voorwaar ongevraagd, maar onthou dat jy en jou geliefdes vir ‘n geruime tyd die newe-effekte van droefheid sal ervaar. Sielkundiges meen die vyf stappe van leed heet:

  1. ontkenning en afsondering;
  2. woede;
  3. bedinging;
  4. depressie; en
  5. aanvaarding.

Gee jouself kans om deur hierdie emosies te werk – jy grawe vir jouself ‘n dieper gat deur die kwessie te vermy. Emosionele onderdrukking lei gewoonlik tot fisiologiese verwikkelinge wat jou uitgeput en kort van draad sal laat. Daar is egter vele stappe wat jy kan neem om om jou en jou gesin se geestesgesondheid te verseker en die skuif te vergemaklik.

  • Vind vroegtydig sosiale groepe en gemeenskapsgeleenthede waarby jy jou gesin kan betrek of as enkellopende aan kan deelneem. Jy sien jouself dalk nie as ‘n sosiale vlinder nie, maar John Donne was reg – geen man (of vrou) is ‘n eiland nie. Al bevind jy jou dalk op ‘n eiland. Dit hoef nie Suid-Afrikaanse groepe te wees nie; word deel van enige groep in jou nuwe gemeenskap.
  • Sit tyd opsy vir kulturele geleenthede. Spandeer tyd saam met Suid-Afrikaners, maar neem ook deel aan kulturele geleenthede van jou nuwe heenkome.
  • Gryp die verandering aan as ‘n avontuur; maak tyd om nuwe plekke en dinge te ontdek.
  • Stokperdjies en troeteldiere doen wondere vir die siel en sal help om jou gesin aktief te hou en fokus te gee.
  • Moet egter nie te veel aanpak nie. ‘n Mens hoef regtig nie jou hele kalender vol te prop nie. Gee jouself kans om asem te skep en te ontspan.
  • Vra raad, delegeer en laat ander in jou sorge deel. Dit maak jou nie minder selfstandig nie, slegs meer verantwoordelik. ‘n Volwasse stap soos immigrasie verg soms dat jy die belangrike besluite aan die deskundiges oorlaat. Daar is eenvoudig mense en maatskappye wat beter bevoeg is om jou administrasie, finansies of dalk jou kinders se skolastiese, sielkundige en gesondheidskwessies te hanteer.

Indien jy hulp met jou finansiële sake in Suid-Afrika verlang, kan jy gerus op finglobal.com se knoppie druk. Hierdie span bekwame finansiële kenners en adviseurs het jare se ervaring op dié gebied. Met ʼn 100% – slaagsyfer vir die finansiële migrasie van meer as 60 000 kliënte in 105 lande wêreldwyd, kan jy gerus wees dat jou geld in goeie hande is.

Vir finansiële advies wat jy kan vertrou, laat finglobal.com jou skakel.

kontak my

Leave a Reply