Skip to main content

Gaan jy kla as jy onverwags ekstra kontant ontvang?

By April 15, 2015July 25th, 2020Unclaimed policies

Gaan jy kla as jy onverwags ekstra kontant ontvang?

April 15, 2015

Nee…?

Feit is, jy sal tien teen een nie ‘n lotery wen waarvoor jy nie ingeskryf het nie en ook nie ‘n hoop kan hê van ‘n erflating van n familielid wat jy nie eens geken het nie.

So wat is jou kans op ‘n onverwagse meevallertjie?

Goed!

Het jy bygedra tot enige polisse in Suid-Afrika voordat jy die land verlaat het? Indien wel, kan jy dalk verras word met geld uit Suid-Afrika wat aan jou behoort!

Die waarde van onopgeëiste  polisse in Suid-Afrika beloop tans meer as R1 miljard!

‘n Wysiging in wetgewing in 2013 het bepaal dat versekeringsmaatskappye die wettige begunstigdes van hierdie polisse moet opspoor en die voordele aan hulle betaal moet word.

Volgens Peter Dempsey van ASISA (Association for Savings & Investment South Africa), is die rede van onopgeëiste polisse dikwels as gevolg van die feit dat kliënte bloot daarvan vergeet het of begunstigdes doodeenvoudig nie opgespoor kan word nie.

Daar is egter verskeie redes waarom persone kon vergeet het dat hulle nog polisse in Suid-Afrika gehad het, bv:

  • uittree-annuïteite wat normaalweg eers uitkeer op ouderdom 55
  • polisse wat gesedeer was
  • surplus fondse op pensioen-uitbetalings, ens.

Baie mense is dan onder die indruk dat hul uittree-annuïteite  verval het aangesien dit gestaak is of hulle opgehou het met premie betalings. Die aangename verrassing is dat die polisse nie kan verval nie en jy dit wel nou kan onttrek as jy geemigreer het, al is jy nog nie 55 jaar oud nie.

Dit gebeur verder dikwels dat die emigrant ‘n begunstigde is op ‘n persoon se lewenspolis in Suid-Afrika en die opbrengs van die polis jou toeval met die afsterwe van die polishouer.

Indien jy egter wel weet van fondse wat jou toeval, maar net gevind het dat dit te moeilik is om jou hande daarop te lê, is daar ook goeie nuus vir jou. Die voortdurende verandering in wetgewing en die wysiging van valutabeheer regulasies in Suid-Afrika maak dit al hoe makliker om jou fondse en polisse nou te laat uitkeer en oor te betaal na die buiteland.

Dit kos jou niks om seker te maak of jy wel geld in Suid-Afrika het nie, en geen kliënt het al gekla toe hulle uitvind van so ‘n onverwagte  meevallertjie nie.

HOE KAN JY UITVIND OF JY ‘N ONOPGEËISTE POLIS IN SUID-AFRIKA HET?

Registreer hier vir jou GRATIS verslag.

 

2 Comments

Leave a Reply