Ons is Suid-Afrikaners wat opsoek is na ander Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon. Die rede hoekom ons na al ons braai-vriende regoor die wêreld soek, is omdat ons maatskappy Suid-Afrikaners wat permanent in die buiteland woonagtig is met hul finansiële sake in Suid-Afrika kan help.
Welgedaan indien jy een van diegene is wie se geldsake agtermekaar is.
Indien nie, is ons hier om te help en wil graag met jou in verbinding tree. Hier is ‘n handige lys wat jou kan help om te bepaal wat jou wetlike en finansiële posisie in Suid-Afrika is. Gaan gerus die lys op jou eie tyd deur.
- Het jy finansiële bates in Suid-Afrika?
- Het jy ‘n belang in ‘n trust, vennootskap of maatskappy in Suid-Afrika?
- Het jy uittree-annuïteite, bewaringsfondse of pensioene in Suid-Afrika?
- Gebruik jy steeds jou Suid-Afrikanse kredietkaarte?
- Het jy eiendom in Suid-Afrika? Is onseker of jy dit moet verkoop?
- Is jy steeds vir Suid-Afrikanse belasting geregistreer en verplig om opgawes in te dien?
- Het jy Suid-Afrikanse geld of beleggings wat jy wil na die buiteland wil oorplaas?
- Is daar ‘n toekomstige moontlikheid dat jy ‘n erfenis in SA kan ontvang?
Indien jou antwoord nee op al hierdie vrae was, het jy alles onder beheer. As jy egter ja op enige van hierdie vrae geantwoord het, kan jy moontlik steeds finansiële verantwoordelikhede in Suid-Afrika hê. Ons sal jou met graagte help om dit te finaliseer.
Jy is welkom om gratis en sonder enige verpligtinge met ons te gesels. Kliek op die volgende skakel en ons sal jou op ons onkoste bel.
https://www.finglobal.com/free-financial-report-request/
Kom ons gesels…