Skip to main content

SA Expats: Geld wat stom is maak reg wat krom is…

By September 12, 2014October 10th, 2023Retirement annuities

SA Expats: Geld wat stom is maak reg wat krom is…

September 12, 2014

Daar’s derduisende Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat deesdae in die buiteland woon – heel gelukkig met baie dinge in gemeen. Soos?

Hulle ondersteun die Springbokke, hou van Afrikaanse musiek en fliek, gek oor braai en sit almal met ‘n hoop stom geld in Suid-Afrika!

Wat se ding is stom geld? Dis die polisse, uittree annuïteite en pensioengelde, wat hulle nie kon ‘inpak’ toe hulle oorsee gaan woon en werk het nie … Hoekom nie? Want ses jaar gelede was mens nie geregtig om jou polisgeld landuit te neem nie.

Diè reël het egter verander en nou se dae is Suid-Afrikaanse expats heeltemal geregtig om hul polisse op te skort, die geld te onttrek en in ‘n buitelandse bankrekening oor te plaas.

Selfs die aftree-datum reëling – om te wag tot ouderdom 55 – is nie meer van krag nie. As ‘n expat is mens geregtig om jou gelde vòòr die verjaardag te onttrek om landuit te neem.  

Die vraag wat lesers hulself nou behoort af te vra is: wat kan ek met daardie geldjie maak wat in Suid-Afrika vir my sit en wag? Wat kan ek in Australië, Nieu-Seeland, Engeland of waar ek myself ookal bevind, daarmee doen?

Hoe om reg te maak wat krom is?‘n Deposito om my eie huis te koop eerder as om te huur? Die gedurigde vermindering van die Rand die nek in te slaan en my geld in ‘n standvastige geldeenheid te belê?

Om nou my geld na my nuwe tuisland oor te plaas, geniet ek ten minste die versekering dat my toekomstige pensioenbetalings in ‘n plaaslike geldeenheid sal wees en nie onderhewig aan ‘n grusame wisselkoers nie!

Seker nie die laaste rede nie – maar wel ‘n goeie rede? Vêr van jou goed, na aan jou skade! As dit genoegsame rede is om diè saak te oorweeg, gaan een risiko-vrye stappie verder. Vra hier vir jou gratis, persoonlike beleggingsverslag om uit te vind hoeveel geld met jòù naam op vir jou sit en wag in Suid-Afrika. En wat dan? Wees geduldig. Alles sal regkom!

Leave a Reply