Site icon FinGlobal

Suid-Afrikaanse immigrante vra gereeld: “Moet ek wag vir die wisselkoers om te verbeter voordat ek geld vanaf Suid-Afrika oordra?”

Dit bly ‘n moeilike vraag om te beantwoord. Die wisselkoers van die Suid-Afrikaanse Rand (ZAR) teenoor meeste ander geldeenhede verswak deurlopend. Alhoewel daar hier en daar ‘n klein tydelike opflikkering mag wees, is die algemene tendens ‘n eenrigting verswakking in waarde. Dit is onwaarskynlik dat die tendens in die nabye toekoms sal verander.

Enige noemenswaardige krisis in ‘n land kan ongelukkig ‘n groot uitwerking op die geldeenheid se wisselkoers hê. Dit sluit die buitelandse persepsie van die standvastigheid van ‘n land se geldeenheid en infrastruktuur in. Die huidige krisis met Eskom en die moontlikheid van kragonderbrekings is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Dit lei ongelukkig regstreeks tot verdere devaluasie van die Rand.

Die vraag is of daar ‘n veilige plek is om jou bates en aftreefondse wat nog in Suid-Afrika is, te belê?

As jy beplan om in die buiteland af te tree, is dit wys om jou geld in Suid-Afrika te hou? Dit neem tot en met ses maande om jou Suid-Afrikaanse uittree-annuïteite en voorsorgfondse in kontant te omskep – waarna jy eers die besluit moet neem:

Moet ek my Rande nou omskakel na ‘n buitelandse geldeenheid, of moet ek eerder ‘n bietjie langer wag?”

Sou jy enige ander immigrant dieselfde vraag vra, sal die kort en kragtige antwoord heel waarskynlik wees dat hoe vinniger jy die bal aan die rol sit, hoe beter.

Die proses bestaan uit vier eenvoudige stappe:

  1. Vind uit of daar enige onuitgekeerde polisse of uittree-annuïteite in jou naam is. Registreer vir ‘n GRATIS verslag by: finglobal.com/register.
  2. ‘n Gelisensieerde com finansiële konsultant sal jou kontak om jou spesifieke persoonlike omstandighede te bespreek en toepaslike advies te verskaf.
  3. Indien jy wil voortgaan, lewer com ‘n allesomvattende diens om die hele proses van begin tot einde te fasiliteer. Alle dienste word deur finglobal.com se personeel uitgevoer, dus is jou persoonlike inligting te alle tye veilig en sal dit nie in ongewenste hande beland nie.
  4. Jou geld sal in jou Suid-Afrikaanse bankrekening inbetaal word, waarna jy kan besluit wanneer jy jou geld na ‘n buitelandse eenheid wil omskakel en oorsee deponeer.

Wees eerder veilig as spyt. Kry soveel inligting as moontlik rakende jou Suid-Afrikaanse finansiële sake, sodat jy ‘n weldeurdagte besluit kan neem. Die grootste fout wat jy kan maak is om niks te doen nie.

Bemagtig jouself. Moenie uitstel totdat jy eendag voel jy gereed is om jou geld na die buiteland oor te plaas nie. Dit kan dalk net te laat wees. Begin die proses nou voor jy die boot mis.

 

Send us a message

Leave your details below including a short message and a financial consultant will contact you.




Licensed South African Financial Services Provider FSP # 42872

You have Successfully Subscribed!

FinGlobal Newsletter Subscription

Subscribe to the FinGlobal newsletter to receive all the latest news and information regarding our services and South African Expats.



You have Successfully Subscribed!

Exit mobile version