Site icon FinGlobal

Wie is SAID… want hy weet wie jy is!

SAID, oftewel SARS, se nuutste inisiatief fokus die kollig op oortreders van valutabeheer-vereistes… Insiggewende leesstof vir Suid-Afrikaners met buitelandse bankrekeninge!

finglobal.com bied ‘n unieke belasting- en valutabeheer-diens om verwante risiko’s uit die weg te ruim.

Deur Nellie Brand-Jonker Rapport –   Sondag 15 Februarie 2015

 Die taksman ondersoek ook moontlike belastingontduiking deur Suid-Afrikaanse rykes via ’n Switserse bank.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Vrydag bevestig dat hy inligting ontvang het oor kliënte wat by HSBC in Switserland bankrekeninge het.

“Die SAID is in die proses om die inligting te ontleed, maar vroeë aanduidings is dat sekere van hierdie rekeninghouers miskien hul HSBC-rekeninge gebruik het om plaaslike en dalk internasionale belastingverpligtinge te ontduik,” het Vlok Symington, die SAID se hoof wat verantwoordelik is vir die vrywillige blootleggingsprogram, gesê.

’n Groep internasionale ondersoekende joernaliste (ICIJ) het die afgelope week berig oor HSBC in Switserland wat na bewering kliënte gehelp het om belasting te ontduik. Die ICIJ se berigte hou verband met vertroulike inligting van die bank wat gesteel is deur Hervé Falciani, wat van 2006 tot 2008 by HSBC in Genève gewerk het.

Dit inligting wat uiteindelik in die hande van die Franse owerhede beland het, is toe met ander belastingowerhede gedeel. Frankryk het HSBC van geldwassery en die fasilitering van belastingbedrog aangekla. Die name op die lys van meer as 100 000 HSBC-kliënte is nou in die ICIJ se hande.

Symington sê inligting is ook deur die SAID ontvang oor sekere rekeninghouers van HSBC Bank wat Suid-Afrikaanse burgers is of was.

Oorsese media het berig dat hul belastingowerhede al in 2010 die inligting ontvang het. Dit laat vrae oor hoekom belastingowerhede nog nie opgetree het teen die mense wat belasting ontduik het nie.

Die SAID het nie die vraag beantwoord wanneer dié inligting ontvang is nie en ook nie of hy al geld teruggekry het nie.

Die ICIJ se ondersoek het getoon dat tientalle name op die lys misdadigers is. Baie word by wapen- en ander opspraakwekkende transaksies betrek.

Symington het gesê diegene wat dink hul naam is op die lys, kan die SAID se vrywillige blootleggingsprogram gebruik. Die program is al van Oktober 2012 in werking. Hulle het egter net tot einde Februarie kans om vrywillig deel te neem en die risiko van straf te verminder.

Stiaan Klue, uitvoerende hoof van die Instituut vir Belastingberoepslui (Sait), waarsku dat baie van die vertroulike inligting wat die ICIJ bekom het, van mense is wat wettig sake met die bank gedoen het.

“Die lys het held-status bereik omdat dit aan die lig gekom het dat van die mense nie belasting verklaar het of die korrekte bedrae verklaar het nie.”

Die ICIJ deel die lys net met sekere media. Sy inligting toon vlakke van geheimhouding wat aan bankrekeninghouers gebied is. Óf hul name het as rekeninghouers verskyn, óf hul identiteit is verbloem deur ’n maatskappy of met ’n nommer.

Klue sê die SAID sal op grond van die inligting wat ontvang is nou moet kyk of die geld verklaar is. “Dit is ’n lekker lys vir die SAID. Hy sou al sekerlik gekyk het wie se naam daarop is en of hulle alles verklaar het.”

Suid-Afrikaners word sedert 2001 op hul wêreldwye inkomste belas. Dit beteken alle inkomste wat oorsee verdien word, moet verklaar word, selfs al vloei dit nie Suid-Afrika toe nie. Hy sê mense hoop die SAID vind nie uit van die inkomste nie, maar volgens Suid-Afrikaanse wetgewing moet jy dit verklaar. “Jy kan in groot moeilikheid wees as jy dit nie verklaar het nie.”

Omdat baie van die inkomste wat oorsee verdien word, nie na Suid-Afrika vloei nie omdat mense bankrekeninge oorsee het, glip hulle onder die SAID se radar deur. Mense wat nie hul inkomste verklaar het nie, kan strafregtelik vervolg word.

 

Send us a message

Leave your details below including a short message and a financial consultant will contact you.




Licensed South African Financial Services Provider FSP # 42872

You have Successfully Subscribed!

FinGlobal Newsletter Subscription

Subscribe to the FinGlobal newsletter to receive all the latest news and information regarding our services and South African Expats.



You have Successfully Subscribed!

Exit mobile version